Oppiwater Kunstefees 2027 plakkaat
Fees

Oppiwater Kunstefees 2027

Die dertiende Oppiwater Kunstefees word van 14 tot 19 Februarie 2027 aanboord die MSC Armonia aangebied. Met meer as 30 top Afrikaanse teaterproduksies op ons kunsskippie.

  • Datum14 – 19 Februarie 2027
  • PlekMSC Armonia, Durban | Mosambiek
  • PrysVaart vanaf R11 135 p.p.*

Bespreek

14 – 19 Februarie 2027

MSC Armonia, Durban | Mosambiek

Vaart vanaf R11 135 p.p.*

  • 5 nagte aanboord die MSC Armonia, heen en terug vanaf Durban
  • Besoek Pomene en Portugese Eiland (Inhaca-argipel), Mosambiek
  • *Per persoon — hawebelasting en hoteldiensgelde (R2 535) ingesluit
  • ’n Vermaakfooi per persoon vir die temavaart word by betaling bygevoeg
  • Vlugte beskikbaar vanaf R3 310
  • Pryse soos op msccruises.co.za op 6 Oktober 2026 — onderhewig aan beskikbaarheid
  • Navrae: (011) 844-6073 of oppiwater@rsg.co.za
Bespreek die vaart

Jy word na msccruises.co.za geneem.

Feesprogram

Wat speel wanneer

Merk al die vertonings wat jy wil sien, en betaal dan alles saam in jou mandjie. By vertonings met ’n sitplekplan kies jy eers jou eie sitplekke.

Sondag 14 Februarie

  1. Genade, Onbeskryflik Groot

    Met Christo Snyman, Cobus Snyman, Nic Stevens (Die Broers) en Ds Francois Gouws

    Teatro La Fenice · 75 min

  2. Valentynsdans met Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels

    Met Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels

    Starlight Disco · 90 min

    R190
  3. Kul jou hier en slaap!

    Met Regardt Laubscher, Andrè, die skreeusnaakse hipnotiseur

    Bar del Duomo · 90 min

    R190
  4. Magda en haar Erhard: how “Louw” can you go?

    Met Desirè Gardner, Hannes van Wyk

    Teatro La Fenice · 70 min

Maandag 15 Februarie

  1. The Traveling Wilburys – A Tribute to the Ultimate Supergroup

    Met Fatman, Pieter Smith, Leon Gropp, Christiaan Baartman, Johnny Late

    Teatro La Fenice · 90 min

  2. R190
  3. Verf en Vino – “Pop en Kleur”

    Met Hannelie Swart, Anmari van Achterbergh

    The Cigar Room · 180 min

    R850
  4. Ma-Wees en ander somme wat nie klop nie…

    Met Desirè Gardner

    MSC Business Centre · 60 min

  5. Die Ongelooflike Regardt Laubscher

    Met Regardt Laubscher

    Bar del Duomo · 75 min

    R150
  6. Ouma en die ou koeie

    Met Margit Meyer-Rödenbeck

    Teatro La Fenice · 75 min

  7. RSG Radiodrama

    Met Johan Rademan

    MSC Business Centre · 90 min

  8. Hartsbriewe

    Met Hannes van Wyk, Coenraad Rall

    Bar del Duomo · 60 min

    R220
  9. Koos Doep

    Met Wynand Strydom, Chanie Jonker, Leon Gropp

    Teatro La Fenice · 90 min

  10. Ontmoet die Kunstenaars

    Met Frans Swart, Die Broers, Ds. Francois Gouws, Desirè Gardner, Hannes van Wyk, Coenraad Rall, Andrè Grovè, Regardt Laubscher, Fatman, Pieter Smith, Leon Gropp, Christiaan Baartman en Johnny Late

    MSC Business Centre · 60 min

  11. Johnny’s June

    Met Christiaan Baartman, Marissa Claasen

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  12. Skaterlag met Andrè, die Skreeusnaakse Hipnotiseur

    Met Andrè, die Skreeusnaakse Hipnotiseur

    Bar del Duomo · 75 min

    R150
  13. RSG Valentyns-galakonsert

    Met: The Touring Wilburys, Pieter Smith, Christiaan Baartman, Fatman, Leon Gropp, Marissa Claasen, Die Broers, Wynand Strydom, Andre Schwartz, Louis Loock en Wynand & Cheree

    Teatro La Fenice · 90 min

  14. Valentyns DJ Party

    Starlight Disco

    Gratis

Dinsdag 16 Februarie

  1. Magda Louw en die kar se sleutel...

    Met Desirè Gardner

    Teatro La Fenice · 75 min

  2. Meesterklas in Sang met Andrè Schwartz

    Met Andrè Schwartz

    Bar del Duomo · 75 min

    R150
  3. Verf en Vino – “Pop en Kleur”

    Met Hannelie Swart, Anmari van Achterbergh

    The Cigar Room · 180 min

    R850
  4. Vrou vs. Vrou

    Met Elma Potgieter

    MSC Business Centre · 60 min

  5. Dinner for One / Sopper vir Een

    Met Elma Potgieter, Justin Strydom

    Teatro La Fenice · 75 min

  6. Wynand en Cheree

    Met Wynand Strydom, Cheree

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  7. Derrich: Moer Voort!

    Met Derrich Gardner

    Starlight Disco · 60 min

    R150
  8. Groet die Grotman 2

    Met Phillru van Achterbergh

    Bar del Duomo · 120 min

    R190
  9. Ontmoet die Kunstenaars

    Met Frans Swart, Wynand Strydom, Chanie Jonker, Andrè Schwartz, Elma Potgieter, Justin Strydom, Cheree, Derrich Gardner, Hannelie Swart, Alwyn Oberholster en Louis Loock

    MSC Business Centre · 60 min

  10. Eerste vir alles

    Met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman

    Teatro La Fenice · 75 min

  11. Rooidag: N.P. van Wyk Louw, getoonset en gesing

    Met Leon Gropp (sang en kitaar), Chanie Jonker (klavier)

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  12. Hartsbriewe

    Met Hannes van Wyk, Coenraad Rall

    Teatro La Fenice · 60 min

  13. DJ After Party

    Starlight Disco

    Gratis

Woensdag 17 Februarie

  1. Tertjies en Stertjies

    Teatro La Fenice · 135 min

  2. Verf en Vino – “Pop en Kleur”

    Met Hannelie Swart, Anmari van Achterbergh

    The Cigar Room · 180 min

    R850
  3. Wandel deur my woorde: Die storie van Christiaan Baartman se musiek

    Met Christiaan Baartman

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  4. Ontmoet die Kunstenaars

    Met Frans Swart, Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman, Botha Enslin, Stefan Lotter, Caitlyn Erasmus en Tiaan Slabbert

    MSC Business Centre · 60 min

  5. Dit wat merke los

    Met Phillru van Achterbergh, Marissa Claasen en Ulrich Slabbert

    Teatro La Fenice · 60 min

  6. Louis Loock sing Elvis

    Met Louis Loock

    Bar del Duomo · 75 min

    R200
  7. Reünie

    Met Frank Opperman

    Teatro La Fenice · 75 min

  8. Pieter en Fatman 32 Jaar

    Met Pieter Smith, Fatman

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  9. Tropiese DJ Partytjie

    Starlight Disco

    Gratis

Donderdag 18 Februarie

  1. Het van Verlangekraal

    Met Nikita Meyer, Henco J, Etienne du Plessis, Botha Enslin, Ana van Achterbergh, Ulrich Slabbert en Zanje Bodenstein

    Teatro La Fenice · 135 min

  2. Ou Ryperd: Oom Chris Rock

    Met Die Broers

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  3. Verf en Vino – “Pop en Kleur”

    Met Hannelie Swart, Anmari van Achterbergh

    The Cigar Room · 180 min

    R850
  4. Sielskos

    Met Hannes van Wyk

    MSC Business Centre · 60 min

  5. Radioman vs. Musiekman

    Met Johan Rademan, Christo Snyman

    Bar del Duomo · 75 min

    R220
  6. Verskuns

    Met Phillru van Achterbergh

    MSC Business Centre · 75 min

  7. Op Die Eerste Een Met Pieter Se Stukkies!

    Met Pieter Smith

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  8. Lief vir alles hier

    Met Andrè Schwartz

    Teatro La Fenice · 75 min

  9. Ontmoet die Kunstenaars

    Met Frans Swart, Nikita Meyer, Henco J, Etienne du Plessis, Ana van Achterbergh, Zanje Bodenstein, Johan Rademan, Phillru van Achterbergh, Marissa Claasen en Ulrich Slabbert

    MSC Business Centre · 60 min

  10. Klassiek ontmoet Pop

    Met Louis Loock, Cobus Snyman

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  11. Goue Oues

    Met Alwyn Oberholster

    Bar del Duomo · 75 min

    R190
  12. Fatman | My Legendes

    Met Fatman

    Teatro La Fenice · 75 min

0 vertonings gekies

Oor die produksie

Oppiwater Kunstefees 2027

Vir die dertiende keer gaan ons Oppiwater Kunstefees Skippie weer vaar. Ons feesgangers gaan heerlik fees hou aanboord die mooi en luukse MSC Armonia, met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Hierdie is die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit!

Die Oppiwater Kunstefees is uniek in die wêreld! Dit is die enigste volwaardige kunstefees wat aanboord ‘n plesierboot aangebied word. Die Oppiwater Kunstefees het onlangs ‘n spesiale Naledi-toekenning vir die beste innovering in die teaterwese ontvang. Ons bied meer as 30 verskillende Afrikaanse teaterproduksies aan Oppiwater. In hierdie week beland jy in ‘n borrel van kuns, kultuur, lekker eet, mengeldrankies, dekpartytjies en vriende maak. Kom saam man en kom kry JOU kuns Oppiwater!

BELANGRIK: Neem asseblief kennis dat die Oppiwater-fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN individuele kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater-fooi, kry jy wel gesubsidieerde en goedkoper kaartjies (van R95.00 to R250.00 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R190.00 tot R350.00 per kaartjie). Kaartjies vir die verskillende produksies moet apart bespreek word by www.LTickets.co.za. Die feesprogram word op 1 Oktober 2026 bekendgestel, en van die voorste produksies en kunstenaars in die land is reeds bevestig. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig hulle kaartjies by www.LTickets.co.za te bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Opera beskikbaar wees teen $18 (ongeveer R360.00) per kaartjie, so dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika jou kaartjies by www.LTickets.co.za te bespreek.

Bespreek by www.oppiwater.com, of skakel (011) 844-6073. Skakel gerus vir Lefra by (011) 815-3000 vir meer inligting of epos oppiwater@rsg.co.za. Deur vir die Oppiwater Kunstefees te bespreek gee u en u gade/metgesel toestemming dat MSC Cruises u persoonlike inligting met die Organiseerders van die Oppiwater Kunstefees mag deel. U inligting sal net gebruik word om reëlings ten opsigte van die Oppiwater Kunstefees aan u deur te gee.

Vrywaring: Geadverteerde aktiwiteite en kunstenaars by die Oppiwater Kunstefees word deur die fees se organiseerders gereël en sal oor die algemeen die standaard vermaakprogram vervang wat aan boord van die MSC Armonia aangebied word. Enige MSC Armonia/MSC Cruises-vermaak wat nie vervang word nie, bly gratis beskikbaar vir passasiers. Let asseblief daarop dat kaartjies vir die Oppiwater Kunstefees bespreek moet word soos hierbo beskryf. Alle feesaktiwiteite en kunstenaarsverskynings is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing.