Louis Loock sing Elvis plakkaat
Musiek

Louis Loock sing Elvis

Met Louis Loock

  • Vertoning Woensdag 17 Februarie 2027 om 18:30
  • PlekBar del Duomo, MSC Armonia
  • Duur75 minute
  • KaartjiesVanaf R200 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum
Kies jou kaartjies
Algemene toegang
R200

Hoogstens 20 kaartjies per bestelling. Plus R5 bespreekfooi per kaartjie.

Jou besonderhede
Ons stuur jou kaartjies na hierdie adres.

Geen rekening nodig nie. Het jy reeds een? Teken in sodat jou kaartjies ook onder My kaartjies verskyn.

Oor die produksie

Louis Loock sing Elvis

Aanhangers word uitgenooi om die onvergeetlike vertoning te beleef, waarin die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar, Louis Loock hulde bring aan die legendariese koning van Rock & Roll. Louis Loock se Elvis-vertoning is meer as net ’n blote nabootsing – dit is ’n viering van Elvis se musiek, charisma en nalatenskap. Met kragtige sang, spesiaal ontwerpte kostuums en ’n energieke verhoogaanbieding, vang hy die gees van een van die grootste kunstenaars wat die wêreld nog opgelewer het. Gehore kan uitsien na ’n aand gevul met Elvis se grootste treffers, wat van sy vroeë rock en roll treffers, tot die tydlose ballades en konsertgunstelinge.

Louis Loock se vertoning spreek nie net tot toegewyde Elvis aanhangers nie, maar ook tot ’n nuwer geslag wat sy musiek ontdek. Elke vertoning is sorgvuldig saamgestel en maak gebruik van kitaar en baskitaar spelers om hierdie buitengewone loopbaan te vereer. “Of jy al jare lank ’n Elvis-aanhanger is, of sy musiek vir die eerste keer beleef, my doel is dat elke persoon die vertoning met ’n glimlag, kosbare herinneringe, en ’n titsel nostalgie sal verlaat.”