Bepalings en Voorwaardes · LTickets

LTickets

Bepalings en Voorwaardes

Hierdie bepalings geld vir alle kaartjies wat deur LTickets bespreek en gekoop word. Laas bygewerk: Oktober 2026.

Konsep — hierdie bepalings word nog deur Lefra Produksies nagegaan.

1. Oor hierdie bepalings

  1. LTickets (ltickets.co.za) word bedryf deur Lefra Productions (Pty) Ltd ("Lefra", "ons"). Hierdie bepalings geld vir elke kaartjie wat jy deur LTickets bespreek of koop, aanlyn of andersins.
  2. Deur ’n bespreking te maak, bevestig jy dat jy hierdie bepalings gelees het en aanvaar. Koop jy kaartjies namens ander mense, aanvaar jy dit ook namens hulle.
  3. Die aanbieder van ’n vertoning, fees of geleentheid (die "organiseerder") is verantwoordelik vir die geleentheid self. Waar Lefra nie self die organiseerder is nie, verkoop LTickets die kaartjies namens die organiseerder.

2. Bespreking en betaling

  1. Pryse word in Suid-Afrikaanse rand getoon en sluit BTW in waar dit van toepassing is. ’n Bespreekfooi per betaalde kaartjie word duidelik getoon voordat jy betaal.
  2. Aanlyn betalings word veilig deur PayFast verwerk. LTickets sien of stoor nie jou kaartbesonderhede nie.
  3. Jou kaartjies of sitplekke word vir ’n kort tydjie vir jou gehou terwyl jy betaal. As die betaling nie in daardie tyd voltooi word nie, word hulle weer vrygestel.
  4. ’n Bestelling is eers bevestig wanneer die betaling suksesvol is en jy ’n bevestiging per e-pos ontvang het.
  5. Afslagkodes geld net soos aangedui (vir sekere vertonings, kaartjiesoorte of tydperke), kan nie vir kontant omgeruil word nie en kan nie ná ’n aankoop toegepas word nie.

3. Jou kaartjies

  1. Kaartjies word na die e-posadres gestuur wat jy by die bespreking gee, en is ook aanlyn beskikbaar onder "My kaartjies". Maak seker dat jou e-posadres reg is, en kyk ook in jou "Spam"- of "Junk"-lêer.
  2. Elke kaartjie het ’n unieke QR-kode wat net een keer by die deur geskandeer kan word. Die eerste persoon wie se kaartjie geskandeer word, kry toegang. Hou jou kaartjies dus vertroulik en deel dit net met mense saam met wie jy die vertoning bywoon.
  3. Kaartjies mag nie teen ’n wins herverkoop word nie. Kaartjies wat deur ongemagtigde kanale aangekoop is, kan ongeldig verklaar word.

4. Alle verkope is finaal

  1. Behalwe soos uitdruklik in hierdie bepalings vermeld, is alle kaartjieverkope finaal. Daar word geen terugbetalings of omruiling van kaartjies gedoen nie, ook nie as jy die vertoning nie kan bywoon nie. Jy mag egter jou kaartjies vir iemand anders gee om te gebruik.
  2. Geleenthede gaan voort, reën of sonskyn.
  3. Die afkoelperiode in artikel 44 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies (25 van 2002) geld nie vir kaartjies vir ’n geleentheid op ’n bepaalde datum nie (artikel 42(2)(g) van daardie Wet).

5. As ’n vertoning gekanselleer of verskuif word

  1. As ’n vertoning deur die organiseerder gekanselleer word, word die kaartjieprys aan die koper terugbetaal. Die bespreekfooi word nie terugbetaal nie.
  2. As ’n vertoning na ’n ander datum, tyd of plek verskuif word, bly jou kaartjies vir die nuwe datum geldig. As jy nie die nuwe datum kan bywoon nie, kontak ons binne die tydperk wat ons in die kennisgewing noem.
  3. Ons stel kopers per e-pos in kennis van ’n kansellasie of verskuiwing. Ons is nie verantwoordelik vir reis-, verblyf- of ander koste wat jy aangegaan het nie.

6. Programveranderinge

  1. Die organiseerder mag die program, rolverdeling, kunstenaars, tye of sitplekuitleg verander as dit nodig is. Sulke veranderinge gee nie op sigself aanleiding tot ’n terugbetaling nie.

7. By die geleentheid

  1. Die organiseerder en die plek behou die reg van toegang voor. Laatkomers word dalk eers by ’n geskikte pouse toegelaat.
  2. Ouderdomsbeperkings wat vir ’n vertoning aangedui word, moet nagekom word; jy mag gevra word om identifikasie te toon.
  3. Opnames, foto’s of video’s tydens ’n vertoning word nie sonder toestemming toegelaat nie. Die geleentheid kan self vir bemarking afgeneem of opgeneem word.
  4. Jy woon die geleentheid op eie risiko by. Volg die reëls en die veiligheidsinstruksies van die plek en sy personeel.

8. Besprekings by ander verskaffers

  1. Sommige geleenthede op LTickets word deur ’n ander verskaffer bespreek, byvoorbeeld kajuite vir die Oppiwater Kunstefees by MSC Cruises, of vertonings wat op ’n ander kaartjiewebwerf verkoop word. Sulke besprekings is ’n ooreenkoms tussen jou en daardie verskaffer, en hul eie bepalings en voorwaardes geld.

9. Jou persoonlike inligting

  1. Ons gebruik jou naam, e-posadres en telefoonnommer om jou bestelling te verwerk, jou kaartjies te stuur en jou oor jou bespreking te kontak. Die organiseerder van die geleentheid mag hierdie inligting vir dieselfde doel ontvang.
  2. Ons hanteer jou inligting volgens die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) en verkoop dit nie aan derdes nie. Bemarkingsboodskappe stuur ons net as jy daarvoor ingeskryf het, en jy kan enige tyd uitskryf.

10. Aanspreeklikheid

  1. Vir sover die wet dit toelaat, is Lefra en LTickets nie aanspreeklik vir enige verlies of skade wat voortspruit uit die bywoning van ’n geleentheid, of uit ’n geleentheid wat gekanselleer, verskuif of verander word nie, behalwe waar dit deur ons growwe nalatigheid veroorsaak is. Niks in hierdie bepalings beperk jou regte ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming (68 van 2008) nie.

11. Veranderinge en geldende reg

  1. Ons mag hierdie bepalings van tyd tot tyd opdateer. Die weergawe wat op die datum van jou aankoop op hierdie bladsy verskyn, geld vir daardie aankoop.
  2. Hierdie bepalings word deur die reg van die Republiek van Suid-Afrika beheer.

Vrae oor ’n bespreking? Kontak ons by tickets@ltickets.co.za of 011 815 3000.