Tertjies en Stertjies
- Vertoning Woensdag 17 Februarie 2027 om 09:00
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur135 minute
- KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Tertjies en Stertjies
Tertjies en Stertjies is ’n klassieke Afrikaanse klug wat presies doen wat ’n goeie klug moet doen: dit vat ’n eenvoudige situasie en maak dit stelselmatig, skreeusnaaks en buite beheer. Die verhaal speel af in ’n vreemde, veeldoelige onderneming waar ’n veeartsenykliniek en eksklusiewe diereboetiek letterlik onder dieselfde dak funksioneer. Die slagspreuk? "Snip en knip op een plek." Aanvanklik lyk alles professioneel en ordentlik. Daar is ’n spreekkamer, ’n diereboetiek, ’n ontvangsarea en ’n veearts wat haar werk ernstig opneem. Maar dan begin die probleme. Wanneer Dr Vos se eksman, Basel, besluit dat hy nie net 50% van die onderneming wil opeis nie, maar ook besluit om dieselfde perseel vir sy eie tuisnywerheid te gebruik, verander die veeartsenykliniek en diereboetiek stadig maar seker in ’n bak-en-brou-onderneming. En dit alles terwyl pasiënte, kliënte, diere, koekbestellings, cupcakes, fone, ’n stukkende hysbak, ’n verdagte onderhoudspan en ’n baie ongelukkige ou tannie almal gelyktydig opdaag. Wat kan moontlik verkeerd gaan? ALLES!!!
- Regie
- Phillru van Achterbergh