Koos Doep plakkaat
Musiek

Koos Doep

Met Wynand Strydom, Chanie Jonker, Leon Gropp

  • Vertoning Maandag 15 Februarie 2027 om 15:30
  • PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
  • Duur90 minute
  • KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum

Kies ’n vertoning, en kies dan self jou sitplekke op die sitplekplan.

Oor die produksie

Koos Doep

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Gebed” en “As almal ver is”. Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Waarom dit so is, is die onderwerp van menige debat, partykeer in die lesingsale van universiteite, maar meestal in die middernagure, met ’n “Kinders van die wind” of ’n “Skielik is jy vry” wat iewers in die agtergrond speel. Natuurlik met ’n goeie bottel rooiwyn, Koos Doep se gunstelingdrankie.

Wynand Strydom, in samewerking met Lefra Produksies, bring hulde aan Koos du Plessis in ’n splinternuwe produksie Koos Doep.

Regisseur
Frans Swart