Sielskos
Met Hannes van Wyk
- Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 09:30
- PlekMSC Business Centre, MSC Armonia
- Duur60 minute
- KaartjiesVanaf R150 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Sielskos
Iemand het onlangs gesê dat as Hannes van Wyk met `n persoon `n onderhoud gevoer het, jy weet jy dat hy/sy dit ‘gemaak’ het in die bedryf. Hannes se spontaniteit, spitsvondigheid en sjarme maak van hom ‘n baie gewilde en geliefde persoon en tydens die Opiwater Kunstefees 2027 kan jy nie vir ‘n beter en meer begeesterende spreker vra nie. In Hannes se praatjie Sielskos laat val hy die kollig op die vroue wat sy lewe aangeraak het, of wat hom aangryp en inspireer. Dit is ‘n gesprek vol deernis, humor en wysheid wat enige vrou se hart sal verbly. Hy raak aan mense se harte en emosies, maar sorg ook vir lekker lag en humor. Dit is ‘n praatjie vir elke lid van die gesin en elkeen wat ‘n ma het, gehad het of sélf ‘n ma is, mans én vroue, moet hierdie boodskap hoor.