Vrou vs. Vrou
Met Elma Potgieter
- Vertoning Dinsdag 16 Februarie 2027 om 09:30
- PlekMSC Business Centre, MSC Armonia
- Duur60 minute
- KaartjiesVanaf R150 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Vrou vs. Vrou
Vrou versus Vrou is saamgestel uit twintig digstories uit die digwerk van Elisabeth Eybers en Corlia Fourie. Waarom dié twee vrouedigters? Albei besit die vermoë om die kwesbaarheid van die menslike kondisie met patos, liefde en ironie te beskryf - selfs woede.
Hulle skryf oor alles onder die son, maar veral oor die liefde, die lewe en die gemis aan ’n beminde. Hulle skryf oor die daaglikse sleur, maar ook oor politiek. Hulle skryf oor die gruwel van geweld teenoor vroue, asook die ellende van depressie wat kan lei na selfmoord. Maar dan ook weer oor die allesoorheersende menslike emosie van die liefde – tussen geliefdes, asook teenoor die medemens - wat so allernoodsaaklik is in ons huidige druk van ons haastige, soms selfs hatige bestaan ...