Eerste vir alles plakkaat
Komedie

Eerste vir alles

Met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman

  • Vertoning Dinsdag 16 Februarie 2027 om 18:30
  • PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
  • Duur75 minute
  • KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum

Kies ’n vertoning, en kies dan self jou sitplekke op die sitplekplan.

Oor die produksie

Eerste vir alles

Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Dit was glad nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, gehoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Noudat die laatlammetjie die huis gaan verlaat, het Adam en Eva binnekort weer net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ’n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Ná baie goed en kwaad het hulle vir oulaas ’n appeltjie met mekaar te skil. ’n Komedie oor saam ou bene maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.

Teks
Wessel Pretorius
Regisseur
Wessel Pretorius