Ouma en die ou koeie
Met Margit Meyer-Rödenbeck
- Vertoning Maandag 15 Februarie 2027 om 12:00
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Ouma en die ou koeie
Soos ons ouer word is meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie wil onthou nie. En dié wat ons wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ’n Halwe waarheid in die 50’s, word ’n voldonge feit 50 jaar later. ’n Wolhaarstorie word ge-“blow-dry” tot ’n manjifieke “beehive”, en ’n besope “one-night stand” verander jare later in ’n pragtige kortstondige romanse. Hierdie komedie-kabaret gaan jou een oomblik laat skaterlag en die volgende oomblik saggies laat snak na jou asem, want jy mag jouself dalk net herken. En natuurlik altyd met ’n skeut nostalgie. Van Ouma se debuut in Ouma is op pad skryf ’n gehoorlid: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super-humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag, terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”