Verskuns · LTickets
Verskuns plakkaat
Ander

Verskuns

Poësie is 'n wonderlike manier om gevoelens, gedagtes en idees uit te druk

  • Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 14:00
  • PlekMSC Business Centre, MSC Armonia
  • Duur75 minute
  • KaartjiesVanaf R150 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum

Kies ’n vertoning, en kies dan self jou sitplekke op die sitplekplan.

Oor die produksie

Verskuns

Poësie is 'n wonderlike manier om gevoelens, gedagtes en idees uit te druk. Met net 'n paar woorde kan 'n digter 'n mens laat lag, huil of diep nadink. Poësie laat ons die wêreld op 'n ander manier sien en help ons om ons eie emosies beter te verstaan. Dit is die wonder van poësie: min woorde kan baie beteken.

In Verskuns neem Phillru van Achterbergh ons op 'n wonderlike reis van die mooiste gedigte in Afrikaans met voordrag, musiek, sang, toonsettings, gedramatiseerde prosa en selfs bietjie kletsrym (rap)! Kom ervaar wonderlike gedigte soos Toe vind ek jou (Francois van Coke), Ken jy die see ... (Uys Krige), Die dans van die reën (Eugène N. Marais), Sproeireën (DJ Opperman) en vele meer.

Met Phillru van Achterbergh