Dinner for One / Sopper vir Een
Met Elma Potgieter, Justin Strydom
- Vertoning Dinsdag 16 Februarie 2027 om 11:30
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Dinner for One / Sopper vir Een
Dinner For One (ook bekend as The 90th Birthday), wat op TV nou al ’n Oujaarstradisie is, het in Duitsland kultusfliek-status gekry nadat dit in 1963 in Hamburg verfilm is. Dié uiters snaakse roomtertkomedie speel af in ’n eeue-oue Britse herehuis, waar die laaste oorblywende lid van die familie, Miss Sophie, haar 90ste verjaardag vier. Die hele skets vind in die eetkamer plaas, met Miss Sophie aan die koppenent van die tafel, en daar is vir haar ‘gaste’ – wat almal al dood is – plekke gedek. Die butler, James, moet vir die gaste ’n viergang-maaltyd bedien – en daar is vir elke gang ’n drankie! Aangesien nie een van die gaste behalwe Miss Sophie in ‘lewende lywe’ daar is nie, dring Miss Sophie daarop aan dat James elke gas se rol moet speel (en dus al sy drankies ‘namens’ hom moet drink). “Same procedure as every year, James.” Hoe later, hoe kwater, en James raak al hoër in die takke … en die spanning loop al hoe hoër elke keer as James nóg ’n rondte om die tafel oorleef sonder om oor die “kop” van die tiervelmat te val.
- Teks
- Lauri Wylie, Frans Swart
- Regisseur
- Frans Swart