Teater
Het van Verlangekraal
Met Nikita Meyer, Henco J, Etienne du Plessis, Botha Enslin, Ana van Achterbergh, Ulrich Slabbert en Zanje Bodenstein
- Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 08:30
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur135 minute
- KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Het van Verlangekraal
Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan. Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.
- Teks
- Leon van Nierop, na die verhaal van Johann Bekker
- Regisseur
- Frans Swart