Ou Ryperd: Oom Chris Rock
Die onsterflike musiek van Chris Blignaut van Die Bosveldbul, O, Die Donkie tot Ou Ryperd en vele meer
- Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 08:30
- PlekBar del Duomo, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Ou Ryperd: Oom Chris Rock
Die onsterflike musiek van Chris Blignaut van Die Bosveldbul, O, Die Donkie tot Ou Ryperd en vele meer, Chris Blignaut (1897-1974) was een van die pioniers van Afrikaanse ligte musiek - 'n geliefde sanger, vermaaklikheidskunstenaar, komediant en liedjieskrywer wie se stem 'n hele generasie se herinneringe geword het. Hy het in een kwartaal meer as 54 000 plate by Colombia verkoop wat beteken by het meer as 'n miljoen plate in SA verkoop. Met onvergeetlike treffers soos Ou Ryperd, 0, die Donkie, Die Bosveldbul, Ou Tante Koba, Jan, asseblief tog, squeeze my, Daar oorkant die spruit en selfs Die Trein na Pretoria het hy 'n blywende plek in die geskiedenis van Afrikaanse musiek verwerf.
- Met Die Broers