Moord Aanboord · LTickets
Moord Aanboord plakkaat
Ander

Moord Aanboord

Oppiwater nooi jou uit na ’n onvergeetlike speuravontuur aan boord van die MSC Armonia!

  • Vertoning Sondag 14 Februarie 2027 om 20:30
  • PlekWhite Lion Pub, MSC Armonia
  • Duur15 minute
  • KaartjiesVanaf R150 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Een kaartjie gee toegang tot al vyf episodes van 15 minute:
Sondag 14 Feb · 20:30–20:45 · White Lion Pub
Maandag 15 Feb · 10:30–10:45 · Armonia Lounge
Dinsdag 16 Feb · 13:00–13:15 · Cafè San Marco
Woensdag 17 Feb · 19:00–19:15 · Pizzeria op dek 11
Donderdag 18 Feb · 11:00–11:15 · Starlight Disco
Ons kontak jou nader aan die tyd oor jou toegangsbandjie.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum
Kies jou kaartjies
Algemene toegang
R150

Hoogstens 20 kaartjies per bestelling. Plus R5 bespreekfooi per kaartjie.

Jou besonderhede
Ons stuur jou kaartjies na hierdie adres.

Geen rekening nodig nie. Het jy reeds een? Teken in sodat jou kaartjies ook onder My kaartjies verskyn.

Oor die produksie

Moord Aanboord

Oppiwater nooi jou uit na ’n onvergeetlike speuravontuur aan boord van die MSC Armonia! Wat begin as ’n luukse vaart, ontaard gou in ’n dodelike raaisel wanneer ’n reeksmoordenaar tussen die passasiers toeslaan. Met elke nuwe slagoffer word die misterie dieper, die leidrade gevaarliker en die verdagtes al hoe meer. Niemand is bo verdenking nie, en agter elke glimlag skuil moontlik ’n donker geheim. Dit is nou jou kans om jou speurvernuf op die proef te stel, die leidrade te ontrafel en die moordenaar te ontmasker voordat hy weer toeslaan. Sal jy die waarheid ontdek, of word jy self deel van die raaisel? Stap aan boord, vertrou niemand en onthou: op hierdie vaart kan enigiets gebeur!

Jou kaartjie sluit al die “moorde” in. Feesgangers word aanbeveel om by al die aanbiedinge in die verskillende “venues” aan te sluit om uiteindelik jou lyf speurder te hou en die “moord” op te los. Groot prys vir die wenner!

Sondag - 14 Februarie @ 20:30 - White Lion Pub
Maandag - 15 Februarie @ 10:30 - Armonia Lounge
Dinsdag - 16 Februarie @ 13:00 - Cafè San Marco
Woensdag - 17 Februarie @ 19:00 - Pizzeria op dek 11
Donderdag - 18 Februarie @ 11:00 - Starlight Disco

Deur Kobus Van der Schyf-Smal en Oppiwater Akteurs