Goue Oues
Met Alwyn Oberholster
- Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 21:30
- PlekBar del Duomo, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Goue Oues
Alwyn Oberholster is ’n gunsteling in die Afrikaanse musiekbedryf. Alwyn is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer. Alwyn kuier saam op die Oppiwater Kunstefees met sy vertoning, Goue Oues. Maar wat maak ’n treffer tydloos? Wat maak van ’n liedjie ’n goue oue? Goue Oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink, sê Alwyn. “As jy die liedjie hoor, neem dit jou skielik terug na die verlede en al die herinneringe wat daarmee gepaard gaan. Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou eerste en afspraak goue herinneringe”. Elke generasie het sy goue oues, en tydlose treffers sal aanhou floreer namate nuwe geslagte ouer wysies ontdek van die tyd toe hul ouers en / of grootouers grootgeword het. “Dit anker jou”, sê Alwyn. Met die nuwe tegnologie kan die kinders van vandag ouer, tydlose treffers op hul fone ontdek en aflaai, en verseker dat die goue oues altyd tydloos sal bly.