AI, AI, AI! Wat nou? · LTickets
AI, AI, AI! Wat nou? plakkaat
Fees

AI, AI, AI! Wat nou?

Rassie bel nog nie. Julie wag. En Magnus se broek lê steeds op die stoel.

  • Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 15:00
  • PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
  • Duur75 minute
  • KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum

Kies ’n vertoning, en kies dan self jou sitplekke op die sitplekplan.

Oor die produksie

AI, AI, AI! Wat nou?

Magnus is 58, gee Afrikaans by ’n Engelse skool, en het vanaand ’n afspraak met ’n vrou wat heeltemal buite sy liga is. Julie Doaherty-Williams is beeldskoon, skatryk en onafhanklik. Gelukkig het Magnus ’n plan: ’n revolusionêre rugby-app, ’n oproep van Rassie Erasmus wat enige oomblik kan kom, en Joe, sy uiters beleefde kunsmatige intelligensie, met sy “Dertien Wonderlike en Effens Duiwelse Stappe na Onoorwinlikheid”. Maar terwyl Magnus probeer aantrek, verander sy slaapkamer in ’n wilde wêreld van skoolhelde, bulderende koshuisvaders, ’n dokter wat móét wen, selfs in ’n trapkar, en ’n denkbeeldige Springboktoets waarin hy uiteindelik van die bank af kom. Justin Strydom speel self elke karakter in ’n uitbundige, uiters fisiese eenmankomedie oor rugby, liefde en ouer word. En oor ’n man wat net weer raakgesien wil word... as hy sy broek kan aankry.

Met
Justin Strydom