Ma-Wees en ander somme wat nie klop nie…
Terugskouend… dis wanneer mens besef dat sekere dinge glad nie sin maak nie
- Vertoning Maandag 15 Februarie 2027 om 09:30
- PlekMSC Business Centre, MSC Armonia
- Duur60 minute
- KaartjiesVanaf R150 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Ma-Wees en ander somme wat nie klop nie…
Terugskouend… dis wanneer mens besef dat sekere dinge glad nie sin maak nie. Soos baie van die dinge wat mens geleer het as kind. Eers wanneer jy jou eie kind se een “Hoekom?” na die ander moet probeer beantwoord, besef jy dat jy eintlik baie minder weet as wat jy gedink het. Soos met Ma-wees. Jy dink jy weet hoe om twee deur twee te deel en dan skielik kom die minusse en die nulle. En dalk is daar nie antwoorde nie, dalk moet die som van ma-wees nog uitgewerk word, maar daar is troos in herkenbaarheid en die feit dat ons almal uiteindelik nie ’n idee het wat 1 plus 1 eintlik is nie…
- Met Desirè Gardner