Genade, Onbeskryflik Groot
Met Christo Snyman, Cobus Snyman, Nic Stevens (Die Broers) en Ds Francois Gouws
- Vertoning Sondag 14 Februarie 2027 om 19:00
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Genade, Onbeskryflik Groot
Met Die Broers se harmonieuse vertolking van die ou Halleluja liedere en Ds Francois Gouws se bindingstekste, neem hierdie produksie jou op ’n nostalgiese geestelike reis wat nie terug verlang na die ou dae nie, maar net weer eens ’n bevestiging is van hoe ons Skepper sy kinders deur eeue heen veilig in sy hand bewaar. Die musiek is gestroop tot slegs klavier, kitaar en baskitaar met aksent op die lirieke en woorde wat deur die jare nog net so kragtig is as die eerste dag wat ons dit gehoor het. Kom ervaar deur musiek en woord die diepte en rykdom van God in die middel van die oseaan.