Fatman | My Legendes
Met Fatman
- Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 22:00
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Fatman | My Legendes
In hierdie unieke produksie neem Fatman en sy orkes jou op ’n onvergeetlike musikale reis deur die musiek en kunstenaars wat hom geïnspireer en gevorm het tot wie hy vandag is. Tydens hierdie reis bring hy hulde aan sy helde, insluitend: Frank Sinatra, Elvis Presley, Queen, Gé Korsten, Pavarotti en nog vele meer.
My Heroes is nie net ’n vertoning nie, dit is ’n inklusiewe ervaring wat jou sal laat sing, dans, lag en beslis op die punt van jou stoel hou, terwyl Fatman staaltjies en stories vanuit sy verlede onthul. Kom ontdek saam ’n kant van hom wat nog nooit vantevore gesien of gehoor is nie.
Kom vier saam met Fatman sy grootste legendes en deel in hierdie reis van nostalgie, vreugde en bewondering.