Ontmoet die Kunstenaars
Met Frans Swart, Nikita Meyer, Henco J, Etienne du Plessis, Ana van Achterbergh, Zanje Bodenstein, Johan Rademan, Phillru van Achterbergh, Marissa Claasen en Ulrich Slabbert
- Vertoning Donderdag 18 Februarie 2027 om 17:00
- PlekMSC Business Centre, MSC Armonia
- Duur60 minute
- KaartjiesVanaf R100 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Ontmoet die Kunstenaars
Die lekkerte van die Oppiwater Kunstefees is dat ons gaste die geleentheid het om die kunstenaars, akteurs, sangers, omroepers en bekendes te ontmoet. Dit is darem te lekker om met hierdie bekendes skouer te skuur, te gesels, ’n fototjie te neem en saam te kuier. Hierdie gebeur NET by die Oppiwater Kunstefees! Ons het hierdie lekker forum geskep waar jy formeel die kunstenaars kan kom ontmoet. Elke middag 17:00 gaan jy die kunstenaars persoonlik kan kom ontmoet, en sal ingelei word deur Frans Swart met interessanthede oor die kunstenaars.