Teater
Reünie
Met Frank Opperman
- Vertoning Woensdag 17 Februarie 2027 om 20:30
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Reünie
Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.
- Deur
- Dana Snyman
- Regie
- De Klerk Oelofse