Hartsbriewe
Met Hannes van Wyk, Coenraad Rall
- Volgende vertoning Maandag 15 Februarie 2027 om 15:00 · 2 datums
- PlekBar del Duomo, MSC Armonia
- Duur60 minute
- KaartjiesVanaf R220 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Hartsbriewe
Maak gereed vir ’n reis terug in tyd in hierdie vertoning deurdrenk met nostalgie, warmte en die sagte fluisteringe van liefde in al sy gedaantes. Laat die klanke van Coenraad Rall se klavier jou dra na vervloë oomblikke, terwyl Hannes van Wyk, geliefde TV-aanbieder en akteur, jou op reis neem met ’n keur van briewe wat soos geheime in ’n ou laai gebêre was. Hierdie hartsbriewe, soms snaaks, soms hartseer, altyd opreg, vertel van verlore liefdes, tydlose familieherinneringe en daardie eenvoudige, kosbare vreugdes van die lewe. Hartsbriewe is ’n huldeblyk aan alles wat ons harte sag maak en ons drome lewendig hou. Jy kan uitsien na ’n vertoning vol nostalgiese stories, ’n bietjie humor, ’n traan of twee – en ’n warm gevoel wat nog lank sal bly ná die laaste woorde gespreek en note gespeel is.