10 April 2026
MSC Opera, Piazza di Spagna
From R150
Please choose a show time
12:30 – 13:45
Event Details:
Met: Richard van der Westhuizen, Andrew Roos
In 2025 vier ons die merkwaardige loopbaan van Richard van der Westhuizen – ’n kunstenaar wie diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf laat. Vir vier dekades lank voer Richard gehore mee. Vanaf sy verhoogdebuut in Die van Aardes van Grootoor in 1979, tot sy onvergeetlike vertolking van die temalied vir Ballade vir ’n Enkeling, het Richard ’n unieke vermoë ontwikkel om die hart van ’n storie te vertolk – of dit nou op die verhoog, voor die kamera, of agter ’n mikrofoon is.
Met bekroonde rolle in teaterproduksies, gewilde televisiereekse, rolprente, en ’n musiekloopbaan wat goudstatus behaal het, staan Richard as ’n toonbeeld van volgehoue toewyding en kunstenaarskap. Hy is nie net ’n verteller nie – hy is ’n bewaker van die Afrikaanse taal, ’n draer van kultuur, en ’n stem vir ’n volk se verlange en vreugde. In die produksie Richard van der Westhuizen 40 eer ons nie net ’n loopbaan nie, maar ’n lewe van kreatiewe oorgawe
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com