25 Julie 2026
AfriForumteater
From R230
Please choose a show time
Event Details:
Met: Richard van der Westhuizen en Andrew Roos (klavier)
In 2026 vier ons die merkwaardige loopbaan van Richard van der Westhuizen – ’n kunstenaar wie diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf trap. Vir meer as vier dekades lank voer Richard gehore mee, vanaf sy verhoogdebuut in Die van Aardes van Grootoor in 1979, tot sy onvergeetlike vertolking van die temalied vir Ballade vir ’n Enkeling, met bekroonde rolle in teaterproduksies, gewilde televisiereekse, rolprente, en ’n musiekloopbaan wat goudstatus behaal het tussenin en daarna. Richard is die toonbeeld van volgehoue toewyding en kunstenaarskap. Hy is nie net ’n verteller nie – hy is ’n bewaker van die Afrikaanse taal, ’n draer van kultuur, en ’n stem vir ’n volk se verlange en vreugde. In die produksie Richard van der Westhuizen – 40 eer ons nie net ’n loopbaan nie, maar ’n lewe van kreatiewe oorgawe.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
