24 March 2025
MSC Musica, Il Tucano Lounge
R190
Please choose a show time
12:00 – 14:00
Event Details:
Heerlike Wynproe deur Van Loveren Wyne
met Johan Rademan, Christo Snyman en verteenwoordiger van Van Loveren Wyne.
Goeie wyn, poësie en die Afrikaanse luisterliedjie is beslis goeie pasmaats! Veral ook uniek en eiesoortig hier op die Oppiwater Kunstefees. In Ses van die Bestes kry ons feesgangers die geleentheid om ses van Van Loveren se beste wyne te proe. (En jy het gedink Ses van die Bestes is ‘n goeie pak slae!) Johan Rademan is ‘n meester voordraer en met wonderlike poësie, kan jy jou verlustig in die lekker Van Loveren Wyne. Daarmee saam vergas Christo Snyman ons met die die beste Afrikaanse en ander luisterliedjies op sy ghitaar.
Van Loveren Wyne bied vir ons hierdie gratis wynproe aan met van hulle beste wyne. Die wynproe sal ingelei word deur ‘n verteenwoordiger van Van Loveren Wyne. Wynand en Penny Retief se twee seuns, Phillip en Neil en Nico Retief se twee seuns, Bussel en Hennie, die vier neefs, het onder andere die baie gewilde en suksesvolle handelsmerk, FOUR COUSINS begin. Die suksesvolle Van Loveren Wyne is in die hande van die vier Retief-neefs wat hierdie suksesstorie nog verder uitbou. Van Loveren Wyne spog onder andere ook met hulle eie Skotse Whiskey, SCOTTISH COUSIN. Kom kuier heerlik saam met Van Loveren Wyne.
WENK: Gryp sommer vir jou ‘n bordjie soutighede by enige van die Buffet Restaurante soos ‘n paar stukkies kaas, pizza en heerlike Italiaanse brood oppad na die wynproe by die Ill Tucano Lounge om die wyn meer te geniet met ietsie souts om aan te knibbel.
Van Loveren Wyne sal in al die kroeë en restaurante beskikbaar wees teen ‘n baie spesiale aanbod. As u wyn bestel, dring asseblief aan op Van Loveren Wyn. Dit is wonderlike wyne en u gaan beslis ‘n paar Dollars bespaar hier op ons Kunsskippie!
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com