26 March 2025
MSC Musica, Crystal Lounge
R150
Please choose a show time
15:00 – 17:00
Event Details:
Met André – die Skreeusnaakse Hipnotiseur
Verhooghipnose in Suid-Afrika = André – die skreeusnaakse hipnotiseur. André tree al die afgelope twee dekades dwarsdeur Suid-Afrika op, en vermaak gehore steeds met sy skaterlag-vertonings landwyd! André laat Suid-Afrikaners ook “skaterlag” op sy TV-program, Skaterlag, wat Woensdae om 18:30 op VIA (Kanaal 146 op DSTV) uitgesaai word.
As jy braaf genoeg is en ‘n bok vir sports is, kom wees een van André se vrywilligers om onder hipnose te gaan? Of kom geniet net die mannewales van sy vrywilligers. Hy steel onder andere vinger nommer vyf, vrywilligers word wasmasjiene en dis wasdag, sal jy heerlik aan ‘n ui eet en dink dis ‘n appel, kyk hoe word vrywilligers bekende sangers soos Steve Hofmeyr of Juanita du Plessis en vele meer pret. Onthou, mense onder hipnose sal enigeiets doen! Wel, enigeiets wat hy of sy morele waardes hom of haar toelaat.
Maar pret gaan ons hê in Skaterlag!
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com