Select Page

 4 & 5  Julie 2025

 Fleur de Lis-restaurant. Nelspruit Hoërskool

 R750

Please choose a show time

Event Details:

Met Hannelie Swart en Ana van Achterbergh

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees hou by Innibos. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of opleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem. Sy word bygestaan deur Ana van Achterbergh. Alle kunsmateriaal word voorsien en is ingesluit by die kaartjieprys. Aan die einde van die opwindende sessie het elke deelnemer hulle eie A3-grootte skildery. ’n Perfekte manier om Innibos 2025 te onthou

 

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com