Select Page

 27 September 2025

 The Living Art Gallery. Lake Umuzi

 R650

Please choose a show time

10:00 – 13:00

Add to Cart R650

Event Details:

Met Hannelie Swart en Ana van Achterbergh

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees hou by die Umuzi Kunstefees. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of opleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem. Sy word bygestaan deur Ana van Achterbergh. Alle kunsmateriaal word voorsien en is ingesluit by die kaartjieprys. Aan die einde van die opwindende sessie het elke deelnemer hulle eie A3-grootte skildery. ’n Perfekte manier om die fees te onthou.

Age Restriction:

None

Organiser:

LAKE UMUZI (Alma Swart)

083 657 5411
alma@lakeumuzi.co.za