Select Page

 02 – 05 April 2025

 Surval Boutique Olive Estate

 R750

Please choose a show time

Event Details:

MET Hannelie Swart en Ana van Achterbergh

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees vier by die KKNK. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste.
Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ’n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf.

Geen kunstalent of kunsopleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem. Alle kunsmateriaal word voorsien en is ingesluit by die kaartjieprys.

Aan die einde van die opwindende sessie het elke deelnemer hul eie A3-grootte-skildery. Die perfekte manier om die KKNK in 2025 te onthou.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com