11 April 2026
MSC Opera, The Library & Card Room
From R750
Please choose a show time
09:00 – 12:00
Event Details:
Met: Hannelie Swart, Anmari van Achterbergh
Kom maak jou eie skildery terwyl jy op die Oppiwater Kunstefees op die oseaan al ons wonderlike teaterproduksies geniet. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ‘n kunstenaar in eie reg met ‘n Meestersgraad in Visuele Kunste. Sy is ook bekend vir haar kuns as heling sessies (kunsterapie) en is ‘n kenner op die gebied waar die onderbewuste ontdek word vir self-verryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeesters- klas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ‘n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses vat. Alle kunsmateriaal en wyn sal voorsien word en is ingesluit in jou fooi. Jy gaan hierdie opwindende sessie verlaat met jou eie A3 skildery. Wat ‘n beter manier om Oppiwater 2026 te onthou. Bespreek vinning want die Skilder en Wyn Oppiwater-sessie word beperk tot net 25 persone per klas. Die sessie sal drie ure neem.
Van Loveren Wyne se Nasionale Verkoops- bestuurder, Jackie Stofberg, sal ‘n inleiding oor die VRL-wyne doen
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com