Select Page

 15 June 2025

Mannah Executive Hotel and Conference Centre

  From R400 – R450

Please choose a show time

Middagete @ 12:00
Groet die Grotman 2 @ 13:00
(1 – 9)

Add to Cart R450

Middagete @ 12:00
Groet die Grotman 2 @ 13:00
(10 +)

Add to Cart R400

Event Details:

Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen mans en vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram). “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.”

Bederf jou pa en vier “Vadersdag saam met Groet die Grotman 2” by die Mannah Konferensiesentrum in Kempton Park. Die dag se verrigtinge skop met heerlike braaimaaltyd om 12:00 af. Nadat daar heerlik gekuier is, kom “Groet die Grotman 2” met Phillru van Achterbergh aan die beurt. Kaartjies beloop R450.00 per persoon, wat die ete en vertoning insluit. Tafels met tien sitplekke word ook teen die afslagprys van R4,000.00 per tafel aangebied.

VADERSDAG – BRAAI SPYSKAART
VOORGEREG
Biltongsop

HOOFGEREG
Rump Steak
Wors
Pap en Sous
Groenslaai
Aartappelslaai

NAGEREG
Roomys en Sjokoladesous

KONTANTKROEG BESKIKBAAR, GEEN EIE DRINKGOED TOEGELAAT NIE

Age Restriction:

Ouer Begeleiding 13

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com