Select Page

 17 Februarie 2027

 MSC Armonia, The Cigar Room

 From R850

Please choose a show time

09:00 – 12:00

Add to Cart R850

Event Details:

Met: Hannelie Swart, Anmari van Achterbergh

’n Glas Van Loveren-wyn in die een hand. ’n Kwassie in die ander. Die oseaan rondom jou, en ’n spierwit doek wat wag op jou storie. Verf en Vino is Oppiwater Kunstefees 2027 se kunservaring — ’n kunssessie waar jy kan ontspan, ontdek, skilder, kuier en jou innerlike kunstenaar laat wakker word. Die tema vir 2027 is Pop en Kleur, ’n speelse Pop-Kuns sessie vol kleur, lyn en verbeelding.

Of jy nog nooit ’n kwas opgetel het nie of reeds daarvan hou om te skilder — Verf en Vino is vir jou. Onder die kundige leiding van kunstenaar Hannelie Swart (MA Visuele Kunste), word jy stap vir stap deur die proses geneem om jou eie unieke kunswerk te skep. Hannelie bring haar besondere ervaring in kuns, kreatiwiteit, kuns-as-helingsessies en self-ontdekking na die tafel en skep ’n kreatiewe ruimte waar net jou manier van kyk, dink, voel en skep nodig is. Alles wat jy nodig het om te begin skilder, is daar. Jy moet net jouself bring.

Ons hou elke sessie intiem en persoonlik met slegs 20 deelnemers en drie ure se kreatiewe ontsnapping. Plekke is beperk — bespreek vroegtydig om deel te wees van hierdie unieke Oppiwater-ervaring. Kom vir die vino. Bly vir die vibe. Waai af met jou eie Pop-Kuns.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com