25 March 2025
MSC Musica, Crystal Lounge
R150
Please choose a show time
20:30 – 22:00
Event Details:
TEKS EN REGIE Johann Slabbert
MUSIEKREGIE Tony Bentel
VERVAARDIGER Drama Drama
Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur – Netwerk24
In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
Vier Panado’s en ‘n Chardonnay het ‘n Kanna toekenning by die onlangse KKNK ontvang vir Beste aanbieding: Musiek.
“In net meer as ‘n uur bied Elsabe Zietsman en Tony Bentel voor die klavier ‘n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met ‘n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert werk en verken ‘n groot emosionele terrein in Vier Panado’s en ‘n Chardonnay – hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend.” – Laetitia Pople, Netwerk24
Age Restriction:
Geen onder 16’s
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com