Select Page

 01 – 03 April 2025

 kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal

 From R200 – R220

Please choose a show time

Event Details:

MET: Elma Potgieter en Justin Strydom
TEKS: Peter Quilter
REGIE, VERTALING EN VERWERKING: Frans Swart
OORSPRONKLIKE TITEL: The Dating Game

Volgens die woordeboek beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat die voëls (veral duiwe) hul vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ’n ietsie lekkers! In hierdie komedie ontmoet ons vir Richard en Julia, albei in hul laat 50’s. Onlangs geskei. Beide is nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ’n aantal toe-oë-afsprake te gaan. Volg dié twee se eskapades deur ’n reeks onverwagte, eienaardige en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens plan verloop nie. Vlerksleep is ’n baie snaakse, vermaaklike komedie, wat na die skreeusnaakse, mal wêreld kyk van diegene wat hulle skielik in hul later jare weer op hul eie bevind en op soek is na ’n bietjie nuwe liefde. Die plesierboot is toe nou nie op pad na ’n romantiese sonsondergang nie, sy naam is eerder die Titanic . . .

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com