Kersfees Skouspel / Christmas Spectacular
Met Bobby van Jaarsveld, Cheree, Danie Niehaus, Joseph Clark, Germandt Geldenhuys, Granville Michaels, Leah, Magdaleen Minnaar, Mari Bosman, Ruhan du Toit, Stephanie Baartman, Veramarie Willemse, Wynand Strydom
- Vertoning Sondag 13 Desember 2026 om 15:00
- PlekCentre Court, Emperors Palace, Kempton Park
- Duur150 minute
- KaartjiesVanaf R175 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Kersfees Skouspel / Christmas Spectacular
Lefra Produksies kondig met trots aan dat die Kersfees Skouspel vanjaar terugkeer na die Oos-Rand op Sondag, 13 Desember om drie-uur by Emperors Palace in Kempton Park. Meer as ’n dosyn van Suid-Afrika se topkunstenaars sal op die verhoog verskyn in ’n glansryke viering van Kersfees — ’n konsert wat beloof om die feestelike gees in ware Boney M-styl te laat herleef! Die befaamde Chanie Jonker tree op as musiekregisseur, terwyl Frans Swart, bekend vir sy regie van suksesvolle produksies soos Het van Verlangekraal, Vlerksleep, Liewe Heksie, My Boetie se Sussie se Ou en vele meer die regisseurstoel vol selfvertroue inneem. Die produksie spog met ’n volledige orkes en beloof om die perfekte begin van die feestyd te wees.
Rolstoele: Die venue beskik oor los sitplekke. Gaste wat rolstoele gebruik, is welkom om plekke aan die punte van enige ry te bespreek vir maklike toegang en gerief.
Ingang by deur 3
- Regisseur
- Frans Swart
- Musiekregisseur
- Chanie Jonker