24 March 2025
MSC Musica, Crystal Lounge
R120
Please choose a show time
22:00 – 23:15
Event Details:
Met Frank Opperman
Afgesien van teater het Frank nog ‘n groot liefde. Musiek! “Ek is ’n closet rockster. As ek eendag grootword, gaan ek ’n kitaarspeler word’ sê Frank. Twee CD’s het die lig gesien en om musiek te maak bly steeds een van Frank se “guilty pleasures”. Frank Opperman is ‘n Suid-Afrikaanse akteur en musikant.
In 1993 het hy vir ‘n paar jaar na Amerika verhuis, maar later na Suid-Afrika teruggekeer om mede- eienaar van ‘n jazzklub genaamd Bassline in Johannesburg te word. Hy het ook ‘n rock-album genaamd ‘Serial Boyfriend’ vrygestel en was verder deel van die orkes Harrebaard.
Die hoofinstrument in ‘n Frank Opperman-uitvoering is Frank se stem. Dit is warm, boeiend, vriendelik en misterieus, sowel as kenmerkend genoeg om die “lead” op ‘n rock-album te wees.
Wanneer jy luister na Frank wat optree, voel jy onmiddelik tuis met Frank se huislike, gemaklike, amper geselsende sangstyl. Sy stem lewer en pas perfek by sy hedendaagse en wêreldwys lirieke. Frank kan die woord “groovy” natuurlik gebruik sonder ‘n sweempie van selfbewustheid.
Sy musiekvertoning is ‘n vriendelike bondel wysies – musiek vir volwasse rock-aanhangers wat ‘n deel van die wêreld beleef het en wat ‘n paar verhoudings op die lewenspad gehad het. Regte lirieke vir regte mense, gesing met hart.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com