Select Page

 24 & 26 Julie 2026

 AfriForumteater

 From R230

Please choose a show time

Event Details:

Deur Peter Quilter
Vertaling en regie Frans Swart

Met: David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl

Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ‘n meisie aan te lê, soos wat die voëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ‘n ietsie lekker!  In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter, ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgiete), beide in hul laat vyftigs.  En onlangs geskei.  Beide is nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ‘n aantal toe-oogafsprake te gaan.  Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ‘n reeks van onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens planne verloop nie!  Kom sleep vlerk saam met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl.  

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com