Customize Consent Preferences

We use cookies to help you navigate efficiently and perform certain functions. You will find detailed information about all cookies under each consent category below.

The cookies that are categorized as "Necessary" are stored on your browser as they are essential for enabling the basic functionalities of the site. ... 

Always Active

Necessary cookies are required to enable the basic features of this site, such as providing secure log-in or adjusting your consent preferences. These cookies do not store any personally identifiable data.

No cookies to display.

Functional cookies help perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collecting feedback, and other third-party features.

No cookies to display.

Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics such as the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.

No cookies to display.

Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.

No cookies to display.

Advertisement cookies are used to provide visitors with customized advertisements based on the pages you visited previously and to analyze the effectiveness of the ad campaigns.

No cookies to display.

 26 & 28 September 2025

 Theatre of Marcellus, Emperors Palace

 From R185 – R265

Please choose a show time

26 September @ 19:00 – 21:15

28 September @ 15:00 – 17:15

Event Details:

Met: David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl

Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ‘n meisie aan te lê, soos wat die voëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ‘n ietsie lekker! In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter, ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgiete), beide in hul laat vyftigs. En onlangs geskei. Beide is nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ‘n aantal toe-oogafsprake te gaan. Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ‘n reeks van onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens planne verloop nie!

Vlerksleep is ‘n baie snaakse, vermaaklike en “tans-enkel”-komedie wat na die skreeusnaakse en mal wêreld van toe-oogafsprake kyk. Ons almal was seker al in ons jonger dae op ‘n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees, maar dis soveel erger as jy in jou vyftigs is! Dit is so goed soos om ’n gemaklike dekstoel op die Titanic te kies! Peter Quilter vat raak met Vlerksleep, want hy het daarin geslaag om ‘n moeilike onderwerp baie komies aan te bied. Dit is vars en skreeusnaaks en ons almal kan op ‘n manier daarmee identifiseer, want ‘n toe-oog afspraak is 99% van die tyd nie baie geslaagd nie. Quilter verstaan die dilemma en met sy komiese skryftalent skep hy ‘n skreesnaakse komedie wat vir baie lekker lag in die teater gaan sorg. Frans Swart het Quilter se “The Dating Game”in Avfrikaans vertaal as Vlerksleep. Swart wat al as Suid-Afrika se klugkoning gedoop is, hanteer ook die regie. Hy sê dat hy die regie van Vlerksleep vreeslik geniet het. “Vir ‘n verandering doen ek die regie van ‘n komedie en nie ‘n klug nie. Hiedie is ‘n baie slim geskryfde komedie waarmee ons die pas so bietjie kan laat sak as waaraan ons gewoond is met die klugte,” sê Swart.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com