Select Page

 23 March 2025

 MSC Musica, Crystal Lounge

 R150

Please choose a show time

19:00 – 20:15

Event Details:

met Chris Mostert (Tenoor), Jo-Nette LeKay (Sopraan), Linnet van der Merwe (Mezzosopraan) en Niël Rademan (Bariton)
Pianis: Ferdi Geyer
Ondersteun deur Afrikaans 100

Die Afrikaanse kunslied het die afgelope 100+ jaar ontwikkel deur seisoene van trots Suid-Afrikaanse komponiste se sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is voorwaar iets om te vier, inaggenome dat die kunslied as dié klassiekemusiekgenre beskou word wat uitdrukking gee aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan. Die kuns van die Afrikaanse Kunslied wil graag Afrikaans se 100-jarige bestaan as ampstaal vier met kunsliedere en liedsiklusse wat meer as 100 jaar verteenwoordig.

Temas van nostalgie, odes aan die natuur, musiek en die liefde saam met lekker pittighede kom aan die bod in dié konsert, wat die eerste in ʼn reeks Afrikaanse Kunsliedkonserte ter viering van Afrikaans100 is. Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos “Op my ou ramkietjie”, “Mali die slaaf se lied” en “Heimwee” asook kontemporêre kunsliedere en liedsiklusse van eietydse komponiste.

Die kunstenaars Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Niël Rademan (bariton) en Ferdi Geyer (pianis) voer komposisies van onder andere Pieter de Villiers, S Le Roux Marais, Arnold van Wyk, Lourens Faul asook Hendrik Hofmeyr, Niel van der Watt en Franco Prinsloo uit.

Kom geniet dit saam met ons ter ondersteuning van Afrikaans100.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com